Your Recipe Blog

KANEEL TERT-KOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 minute

KANEEL TERT-KOEK

Ek bak toe hierdie ongelooflike kaneel koek-tert. Dit bestaan uit net ‘n paar basiese bestanddele, en tog smelt die resultaat in jou mond weg! Krediet gaan aan Mev Magriet Badenhorst wat jare terug hierdie resep gedeel het. Sorg dat jy hierdie koek-tert in ‘n plat tertbord met ‘n volume van 1 liter bak. Sodoene is dit plat genoeg om ‘n tert te wees, maar ook sodat die sous oral kan intrek!

  • Beslag:
  • 60 ml botter of margarien
  • 125 ml witsuiker
  • 1 eier
  • 2 ml sout
  • 50 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 125 ml melk
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • Stroop:
  • 60 ml botter of margarien
  • 250 ml witsuiker
  • 1 blikkie Ideal melk

Voorverhit oond tot 180°C.
Smeer of bespuit ‘n tertbord met volume van 1 Liter.
Verroom die botter en suiker.
Klop die eier by.
Sif die meel, sout, kaneel en bakpoeier saam.
Roer die meelmengsel en melk by eiermengsel.
Skep beslag in tertbord.
Bak vir ongeveer 20 tot 25 minute tot gaar.

Stroop:
Berei stroop terwyl die tert bak.
Verhit alles saam tot kookpunt
Giet warm stroop bietjies gewys oor warm tert totdat alles geabsorbeer is.
Strooi laastens nog fyn kaneel bo-oor na jou smaak

Resep geplaas deur Adriaan Van Jaarsveld
Foto:  Adriaan Van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page