Your Recipe Blog

KANEEL GEWEEFDE PIESANGBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 - 90 minute

KANEEL GEWEEFDE PIESANGBROOD

Partykeer moet ek gewone resepte maak (met regte suiker en meel!) vir mense wat nie keto is nie, en vandag was een van daardie dae. Ek dink toe om dit te deel omdat dit twee gunstelinge kombineer… cinnamon rolls en piesangbrood. En dit klink heerlik vir die winter saam met ‘n lekker koppie koffie. Cinnamon swirl piesangbrood.

  • 125 g botter of margarien, sag gemaak
  • 125 ml bruinsuiker
  • 125 ml witsuiker
  • 2 eiers
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 koppies bruismeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knypie sout
  • 1 koppe melk
  • 1 teelepepl koeksoda
  • 2 piesangs, fyngedruk
  • 1 piesang, geskil en gehalveer in die lengte
  • Kaneelmengsel: 
  • 50 g botter, gesmelt
  • 3 eetlepels bruinsuiker
  • 2 eetlepels witsuiker
  • 2 eetlepels fyn kaneel

Room die botter en suiker tot lig. Klits die eiers een vir een by.
Sif die meel, sout en bakpoeier by die eiermengsel in en meng deur.
Roer die koeksoda in die melk in, en voeg saam met die vanilla en fyn piesang by die eiermengsel. Vou versigtig deur.
Meng al die kaneelmengsel se bestanddele in ‘n aparte bakkie saam. Skep ⅓ van die beslag in ‘n broodpan,
(7 cm x 14 cm x 24 cm) en sprinkel die helfte van die kaneelmengsel bo-op, meng deur met ‘n sosatiestokkie om ‘n marmer effek te kry.
Herhaal met nog ⅓’ van die deeg, en swirl die oorblywende kaneelmengsel ook deur.
Skep die laaste ⅓ van beslag versigtig bo-op, en plaas die halwe piesangs versigtig bo-op.
Bak by 180˚C vir omtrent 1 uur tot ‘n uur en 20 minute, of totdat ‘n mes skoon uitkom. Bedek met foelie na 30-40 minute as dit te donker raak.
Keer die brood uit die pan en laat goed afkoel, sny en bedien.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page