Your Recipe Blog

KAMMA VYEKONFYT

KAMMA VYEKONFYT

  • 1 kg groen tamaties
  • 1 heel stuk gemmer
  • 8 – 10 vyeblare
  • suiker
  • 15 ml suurlemoensap, opsioneel

Ontvel die tamaties en sny in klein stukkies, plaas in ‘n kastrol saam met die gemmer en vyeblare.
Kook die mengsel oor lae hitte totdat die tamaties sag is. Bietjie water kan bygevoeg word.
Verwyder die vyeblare.
Weeg die tamatiepulp en voeg dieselfsde hoeveelheid suiker by.
Suurlemoensap indien verkies.
Roer gedurig oor lae hitte tot suiker gesmelt het.
Kook dan oor stadige hitte tot konfyt redelik dik is, nie meer waterig.
Skep op ‘n yskoue piering tot afgekoel om te toets of dit dik genoeg is.
Bottel warm.
Lewer 500 ml.

Foto: Magteld Janse van Vuuren

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page