KAKAO ZEBRA KOEKIES
Kyk waarmee het ek my besig gehou vanmiddag… sommer lekker uitgekom… buiten vir die wag vir die deeg, gaan dit so vinnig om te bak… geniet die resep. Dit is ongelukkig in gramme, maar weeg maar alles af, die resep werk perfek.
- 50 g kakaopoeier, gesif
- 200 g strooisuiker
- 63 g kookolie
- 2 eiers
- 140 g koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 40 g versiersuiker, om koekies in te rol
Klits die kakao, strooisuiker en kookolie saam vir omrent 1 minuut.
Voeg die eiers by en meng goed.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by die kakaomengsel. Meng goed deur.
Dit is ‘n baie stywe mengsel.
Plaas in ‘n bak en maak toe met kleefplastiek, plaas in die yskas vir 4 ure of oornag.
Rol in baie klein bolletjies (hulle rys redelik), rol in die versiersuiker en pak op ‘n gespuite bakplaat of twee. Bak vir 12 min by 180 ºC.
Haal uit die oond, laat staan ‘n rukkie op die bakplaat voordat jy hulle afhaal en op ‘n afkoel rakkie laat afkoel. Die koekie is sag as dit uit die oond kom, maar word ‘n harde koekie wanneer dit afkoel.
Resep gekry by ‘n vriend van my, dankie Koos.
Foto: Rina Kleinhans
Marili Myburgh
Ek het Tannie Rina se Kakao Zebra Koekies gemaak om my nuwe Kenwood Chef te toets.
Dit is beslis ń WENNER !