KAASWORS BRAAIBROODJIE
Ek wil graag vanaand aan julle hierdie lekker kaaswors braaibroodjie bekend stel.
- Hoeveelhede hang af hoeveel broodjies jy gaan voorberei:
- Elke broodjie bestaan uit die volgende:
- 2 snye witbrood
- 1 eetlepel gekarameliseerde uie
- 8 klein kaasworsies
- gerasperde Cheddar kaas
- ‘n skeppie blatjang
Karmaliseer uie:
Sny die uie in dun ringe en braai in ‘n bietjie botter tot effe bruin.
Strooi ‘n bietjie bruin suiker oor en braai nog ‘n rukkie. Sprinkel dan liggies met ‘n bietjie balsamiese asyn en roer goed tot dit mooi gekarameliseer is.
Pak die broodjies:
Begin met ‘n dun lagie blatjang op die een kant van elke toebroodjie, gevolg deur lagie chedder kaas.
Plaas dan bo-op die kaas ‘n skeppie gekarameliseerde uie.
Pak dan die agt worsies, gevolg deur nog ‘n lagie kaas.
Plaas die 2de sny brood b0-op en bind vas met ‘n toutjie.
Braai op stadige kole tot deurgaar en die vulsel lekker gesmelt is.
Nota:
Hmmmmmmm djeeerlik!
Moenie vergeet om die toutjie af te haal nie, dit was so lekker dat die toutjie byna in my maag beland het.
Resep en foto: Gideon Louw