Your Recipe Blog

KAASSTROOITJIES VAN YSWATERDEEG

Cook: 20 minute

KAASSTROOITJIES VAN YSWATERDEEG

Resep en foto: Heidi Van Rooyen
Ek deel graag my kaasstrooitjie resep met julle. Dis verslawend lekker verby.

  • Gelyke dele van die volgende:
  • koekmeel
  • yskoue gerasperde botter of margarien (ek gebruik Rama bak blokke)
  • Cheddar kaas
  • 5 ml sout
  • 5 ml rooipeper
  • yskoue water, soveel soos nodig
  • Aromat vir bo-oor sprinkel voor bak
  • Meng die meel, botter of margarien en kaas saam.
  • Voeg die sout en rooipeper by en meng goed deur.
  • Bind die deeg met yskoue water wat jy met ysblokkies gemaak het. Dit verseker dat die strooitjies lekker bros is.
  • Gebruik net genoeg water om die deeg te bind, jy sal sien wanneer dit gebeur, die deeg moet nie pap wees nie.
  • Vorm die deeg in ‘n blok en draai toe in kleefplastiek en plaas die deeg in die yskas vir 30 min.
  • Rol die deeg met ‘n koekroller uit, op ‘n meelbestrooide oppervlak tot so 3 mm dik.
  • Sny die kante van die deeg mooi gelyk, neem ‘n pizza snyer en ‘n leniaal en sny die deeg in repe soos verkies.
  • Pak die repe uit op ‘n gespuite bakplaat, sprinkel met Aromat indien verkies en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 20 min.
  • Notas:
  • Indien jy 3 koppies koekmeel gebruik dan moet jy 3 koppies elk botter en kaas gebruik, dis net ‘n voorbeeld.
  • Jy moet dit dophou terwyl dit bak, want almal se stowe is nie dieselfde nie.
  • Die strooitjies moet nie te lig gebak wees nie, anders gaan dit nie bros wees en “snap” nie.
  • Hoe meer dit afkoel hoe harder word die strooitjies.
  • Bêre in ‘n ligdigte houer.

Geniet net so of saam doopsous.

 

2 Reviews

  1. Rhona

    Kan ek gluten vrye meel gebruik? Wat sal verhouding wees?

    • Rhona my ondervinding is dat die resultaat verskil wanneer mens glutenvrye meel gebruik. As ek jy is sal ek dit net eers met 1 koppie van elk probeer en kyk hoe kom dit uit. Ek dink die gluten het sy werk om te help dat dit lekker bros is, daarom die rustyd, maar laat weet asb as jy probeer het.
      Groetnis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page