Your Recipe Blog

KAASSMEER

KAASSMEER

Maak hierdie al vir ongeveer 30 jaar, altyd ‘n wenner.
  • 750 g Bergkaas “processed”
  • 500 g Stork margarien
  • 2 tot 3 koppies melk
  • knippie sout

Smelt die margarien.
Voeg die gerasperde kaas by.
Klop met draadklopper en voeg dadelik 1 koppie melk bly.
Hou aan klits. Moenie regtig laat kook nie.
Voeg dan weer 1 koppie melk by terwyl jy aanhoudend klits.
Indien die smeer te dik lyk, voeg ‘n 3 de koppie melk by en ‘n knippie sout.
Klits baie goed en bottel warm in skoon voorbereide bottels met deksels.

Nota:
Hoe meer jy klits hoe romeriger kom dit.

Ekstra idees:
Jy kan fyn biltong insit of selfs fyn stukkies gebraaide spek of knoffel.
Ek gebruik dan van hierdie kaassmeer om ‘n kaassous te maak.
Meng 2 eetleppel kaassmeer en bietjie melk, kook saam vir ‘n rukkie.
Heerlikste kaassous wat jy dan enige iets soos gebraaide fyngekapte sampioene kan bysit.

Resep en foto:  Charlotte Barnard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page