KAASSKONS SONDER EIERS
- 1 koppie koekmeel
- 1 koppie melk
- 1 koppie kaas
- 15 ml bakpoeier
- 5 ml sout
Meng die meel, bakpoeier, sout en kaas saam.
Voeg die melk by en meng net tot goed deur gemeng.
Skep in gesmeerde muffinpan.
Bak vir 20 minute teen 180°C tot gaar.
Nota:
Rina Kleinhans
Voeg 15 ml asyn by die melk om te verhoed dat mens die bakpoeier proe.
Resep en foto: Gerda Kruger