Your Recipe Blog

KAASHARTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 min.

KAASHARTJIES

  • 500 ml koekmeel
  • knypie sout
  • knypie rooipeper
  • 250 g yskoue botter (ek het Stork margarien gebruik)
  • 250 g gerasperde Cheddarkaas
  • ½ teelepel rissievlokkies (ek het 1 teelepel vars rissies gebruik)
  • 1 eiergeel
  • 25 ml melk

Stel oond 180ºC.
Sif meel, sout en rooi peper saam.
Frummel botter, kaas en rissies in die meelmengsel in om ‘n deeg te vorm.
Rol deeg taamlik dun op ‘n meelbestrooide blad uit en druk hartjies uit.
Plaas entjie uit mekaar op ‘n voorbereide bakplate.
Klits eiergeel en melk saam.
Bestryk hartjies daarmee.
Bak ongeveer 10 minute.

Resep geplaas deur Ria Scheepers
Foto:  Ria Scheepers

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page