Your Recipe Blog

KAAS PLAATKOEKIES MET TAMATIESOUS

KAAS PLAATKOEKIES MET TAMATIESOUS

  • ½ koppie fyngekapte ui
  • 2 eetlepels botter of margarien
  • ¼ koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • 6 eiers, geklits
  • 2 koppies gerasperde kaas

Braai die uie tot goudbruin in die botter.
Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam.  Klits die eiers goed.
Vou die kaas by die eiers in en dan die droë bestanddele en ook die uie.
Skep lepelsvol op ‘n warm gesmeerde pan.
Bak bruin aan die een kant, draai om en bak ander kant.

  • Tamatiesous:
  • 1 klein blikkie tamatiesop
  • 1 teelepel Worchestersous
  • ‘n paar druppels rissiesous

Meng en verhit tot dit kook en bedien saam met die koekies.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page