KAAS- EN UIESOPBROODJIE
- 500 g bruismeel
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 500 ml karringmelk
- 250 ml volroom melk
- 1 eier
- 1½ koppie gerasperde Cheddar kaas
Meng al die droë bestanddele saam. Meng die karringmelk, melk en eier goed saam en voeg by die droë bestanddele. Meng 1 koppie kaas by die mengsel.
Verdeel mengsel en skep in 2 gesmeerde brood pannetjies. Strooi die res van die kaas bo-oor.
Bak by 180˚C vir 40 min of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Resep en foto’s : Isabel J Boltman