KAAS-EN UIESKYFIE KOEKIES
- 500 ml gerasperde Cheddarkaas
- 240 ml koekmeel
- 110 g baie sagte botter/margarien, nie gesmelt
- 1 x 120 g pak kaas en uie skyfies, fyn gedruk
Meng alles saam, maak bolletjies en pak op ‘n gesmeerde bakplaat.
Druk die bolletjies effens plat en bak teen 200 ºC in ‘n voorverhitte oond vir 15 tot 20 minute tot goudbruin is.
Resep en foto: James Gillespie-Blaauw