Your Recipe Blog

KAAS- EN UIEBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 min

KAAS- EN UIEBROOD

Maak jou eie brooddeeg of koop sommer by die winkel. Ek het sommer winkel deeg gebruik.

  • 1 pak winkel brooddeeg
  • 2 middelslag uie, gehalveer en in dun ringe gesny
  • 2 knoffelhuisies fyn gesny (vingertjies)
  • 60 ml olyfolie
  • sout na smaak
  • 30 ml water
  • kaas gerasper

Maak jou eie brooddeeg of koop sommer by die winkel. Ek het sommer winkel deeg gebruik.
Voorverhit die oond tot 180°C .
Bespuit ‘n bakplaat met kleefwerende kossproei.
Sorteer die ui en knoffel in die helfte van die olie tot sag en geurig.
Geur met sout.
Voeg water by, bedek en laat prut tot heeltemal sag.
Laat afkoel.
Smeer die res van die olie op die deeg en laat rys tot dubbel die volume.
Keer deeg uit op meelbestrooide oppervlak en druk effens plat.
Skep die helfte van die uie en kaas oor.
Vou deeg rondom die vulsel.
Vorm weer ‘n ronde bol, druk effens plat en maak snye op die bokant met ‘n mes.
Plaas in ‘n gesmeerde ronde broodpan of pan van jou keuse.
Skep die res van die uie en kaas bo-oor.
Plaas op bakplaat en bak 40 min  of tot brood mooi bruin en gaar is.

Resep en foto:  Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5