KAAS EN UIE BROODJIE MET 2 SOORTE MELK
- 500 g bruismeel
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 1 eetlepel gemenge droë speserye
- 1 eier
- 500 ml karringmelk
- 100 ml gewone melk
- 1 koppie gerasperde Cheddar kaas
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng al die droë bestanddele goed saam.
Voeg al die nat bestanddele by en meng goed.
Die beslag is baie taai.
Laastens voeg die koppie gerasperde kaas by en meng deur.
Voer 2 klein brood pannetjies uit met botter of kleefwerende sproei.
Nota:
Ek gebruik botter en dan gooi ek meel in en bedek die hele pannetjie se bodem en kante met dit en gooi oortollige meel uit.
Deel mengsel in 2 en skep in die pannetjies.
Bak vir 40 minute of totdat ‘n toetspen mooi skoon uitkom.
Smeer bietjie melk of botter met ‘n kwassie bo-op sodra uit die oond kom.
Laat afkoel voor jy die broodjies uit die pannetjies haal.
Geniet warm of koud.
Resep geplaas deur Lee Esterhuizen
Foto: Lee Esterhuizen