Your Recipe Blog

KAAS EN SPEK POFFERS (MUFFINS)

Recipe by
Cook: 25 minute | Servings: Ongeveer 18 poffertjies

KAAS EN SPEK POFFERS (MUFFINS)

Ek het vanaand ‘n bakpoging aangewend en is heel in my skik met die resultaat. Ek weet nie waar ek die resep gekry het nie, en het dit ‘n bietjie aangepas.
  • ½ koppie melk
  • 1 eier
  • 2 koppies gerasperde kaas
  • 1 koppie bruismeel
  • ½ koppie gebraaide spek stukkies
  • 1 gekapte gebraaide ui
  • ½ koppie murgpampoentjie, in klein stukkies gesny (ek het dit sommer by die uie en spek ingeroer en gebraai)
  • sout en peper na smaak (ek het ‘n knypie rooipeper bygevoeg)

Meng al die bestanddele bymekaar en skep in ‘n goedgesmeerde muffin pannetjie (ek het silicone houertjies gebruik).
Bak by 180°C tot gaar ongeveer 20 minute.

Nota:
Ek het in die gasstoof gebak so vir 25 min.

Resep en Foto: Hester Engelbrecht

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page