Your Recipe Blog

KAAS EN BILTONG SKONS

KAAS EN BILTONG SKONS

  • 330 g bruismeel
  • 60 g botter
  • 10 g gerasperde parmesan kaas, opsioneel
  • 70 g gemende gerasperde kaas
  • 80 g fyn gekapte ui, opsioneel
  • ½ teelepel knoffelpoeier, opsioneel
  • 70 g brandrissie biltongpoeier
  • 100 ml karringmelk
  • 1 eier

Sit oond op 160°C.
Braai uie in bietjie olie tot deurskynend. Haal van die stoof af, voeg knoffelpoeier by en laat af koel.
Vryf botter in die meel in totdat botter goed in gewerk is.
Voeg biltong, kase en afgekoelde uie by die meel en meng deeglik met die hande.
Meng eier en karringmelk saam en voeg by meelmengsel. Meng deeglik.
Strooi bietjie meel op werksblad en druk deeg plat, ongeveer 2 cm.
Druk skons uit met koekiesnyer.
Smeer boonste deel van skons met bietjie karringmelk.
Strooi ekstra kaas en biltong bo oor.
Bak vir 25 minute.

Wenke:
As mengsel te nat is, voeg bietjie meer meel by wanneer jy dit uit die mengbak haal.
As die mengsel te droog is, voeg klein bietjie karringmelk by. Die mengsel moet skoon uit die bak kom. Geen sout nodig as biltong baie souterig is nie.
As jy nie rissie biltong kry nie, voeg halwe teelepel gedroogte brandrissie vlokkies by.

Foto’s en resep: Kyle Jensen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page