KAAS EN BIEFSTUK GEVULDE SOETRISSIE
‘n Vinnige Vrydagaand ete na n lang week…Philadelphia cheese steak stuffed peppers. As jy nie keto/low carb is nie, dan kan jy die vulsel in ‘n hotdog roll eet. Baie baie lekker en vinnig ook.
- 30 ml olyfolie
- ½ ui, gekap
- 1 knoffelhuisie, gekap
- 500 g “minute steak”, in repies gesny
- 250 g sampioene, gekap
- 1 eetlepel tamatiepasta
- 2 teelepel paprika
- 50 g roomkaas
- 100 ml room
- 100 ml hoenderaftreksel
- sout en peper na smaak
- 200 ml gerasperde kaas
- 3 geel soetrissie gehalveer en sade verwyder
Verhit die oond tot 200°C. Braai die uie in die olie tot deurskynend.
Voeg die vleis en knoffel by en braai nog ‘n paar minute totdat die vleis bruin is.
Voeg die res van die bestanddele (behalwe die kaas) by en kook/prut nog ongeveer 10 – 12 minute.
Skep die vulsel en sous in die halwe peppers, sprinkel kaas bo-oor en bak vir 25-30 minute.
Variasie:
As jy die hotdog variasie maak, skep alles in ‘n oondbak, sprinkel kaas bo-oor en bak vir 20 minute. Skep die vulsel in die hotdog buns, bak nog 5 – 10 minute en geniet!!
Hoender repies of maalvleis werk net so lekker in die resep.
Resep en Foto: Ilze Jacobs