JUMMMY POTBROOD
- gekoopte brooddeeg
- Mozzarella kaas, in blokkies gesny – ongeveer 50 blokkies
- ½ koppie botter
- 2 teelepels fyn gekapte knoffel
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier
- gerasperde Cheddar kaas
Koop winkel deeg of as jy ‘n broodmasjien het maak die deeg self.
Sny blokkies mozzarella kaas.
Smelt die botter en knoffel saam in ‘n diep bord.
Maak klein bolletjies deeg,ongeveer 50 bolletjies, trek elke bolletjie deeg mooi oop en sit in elke bolletjie ‘n blokkie kaas.
Vou mooi toe dat die kaas heeltemal bedek is.
Druk die bolletjie in die knoffelbotter en pak in die gesmeerde swartpot.
Herhaal tot al die deeg op is en al die bolletjies lekker styf teenmekaar le in die pot.
Strooi bruinuiesoppoeier bo-oor en genoeg gerasperde cheddar kaas.
Sit die res van die mozzarella blokkies ook tussenin as daar blokkies oor is.
Sit die deksel op en bak op kole vir plus minus ‘n uur met paar kole op die deksel ook of in oond by 180 ºC vir ‘n uur.
Toets vir gaarheid en keer uit die swartpot voor bedien.
Kou dan jou lippe af!
Resep en foto: Esna Rossouw Brand