Your Recipe Blog

JUANRI SE HOENDER WRAPS

Recipe by
| Servings: 2 persone

JUANRI SE HOENDER WRAPS

  • 4 hoender fillete
  • 2 tamaties, in blokkies gesny
  • stukkie komkommer, in blokkies gesny
  • 2 Feta kaas wiele, in blokkies gesny
  • 1 handvol blaarslaai, in stukkies gekerf
  • 8 velletjies kaas (2 op elke wrap)
  • soet heuning en Knorr mosterd slaaisous
  • mayonnaise
  • ½ teelepel hoender speserye
  • ½ teelepel maalvleis speserye
  • ½ teelepel “crushed garlic”
  • ½ teelepel gemengde kruie
  • 4 quesidilla wraps

Sny die hoender fillete in stukkies en braai in botter saam die speserye tot net gaar. Laat effens afkoel.
Plaas tamatie, komkommer, feta, kaas velletjies en blaarslaai op ‘n bord en hou eenkant.
Pak bestanddele op ‘n wrap en voeg soveel sous en mayonnaise by soos jy verkies.
Vou die wrap toe en bedien.
Heerlik.

Nota:
Jy kan ekstra bestanddele ook byvoeg soos bv: gebraaide uie, soetrissie, sampioene, chilli sous ens. Net waarvoor jy lus is.

Resep en foto: Juanri van der Walt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page