JOHAN SE PEKELVLEIS
- soutbeesvleis
- 1 liter kookwater
- 500 g growwe sout
- 40 g salpeter
- 14 g swart peperkorrels
- 310 ml bruin suiker
- ekstra sout vir die invryf van die vleis
Plaas al die bestanddele in ‘n houer wat groot genoeg is sodat jou stuk vleis inpas en toe sal wees onder die pekel. Roer die mengsel tot die suiker oplos is, laat staan om af te koel.
Vryf die vleis goed in met ekstra sout, ek gebruik fyn sout vir die invryf.
Sit die vleis in die koue pekelmengsel, die vleis moet heeltemal bedek wees, sit maar ‘n gewig bo-op sodat die vleis heeltemal onder die pekel kan bly.
Laat vleis vir 4 dae in pekel lê, draai vleis elke dag om.
Haal die vleis uit die pekel uit en ou kan jy dit gaar kook in ‘n pot met water of bak in die oond of berook.
Resep en foto: Johan Coetzee