JOGURT EN PIESANGBROOD
- 125 g botter
- 200 g strooisuiker
- 1 eier
- 4 piesangs, fyngedruk
- 50 g pekanneute, gekap
- 1 koppie granadillajogurt
- 125 g koekmeel
- 7,5 ml bakpoeier
- knippie sout
- 125 g volkoringmeel
Room die botter en strooisuiker tot lig en romerig.
Roer die eier, piesang, neute en jogurt in. Sif die twee mele saam.
Meng die gesifte mele, bakpoeier en sout saam met die piesangmengsel.
Skep in ‘n gesmeerde broodpan van 15 cm x 24 cm.
Bak in ‘n voorverhitte oond van 200ºC vir 20 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Mikrogolf:
Bak op 70% krag vir 12 – 14 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Resep getoets en foto: Louisa Hollenbach