JEANNE SE GROENTESOP
“Lekkerste sop OOIT! My Ma se resep.”
- 1 pakkie 4-in-1 droë sopmengsel
- 700 g beesvleis, skenkel werk baie goed
- 1 kg groente, fyn opgesny of gerasper (aartappels, uie, wortels, patats, pampoen, murgpampoentjies, spinasie)
- 15 ml sout
- 5 ml fyn peper
- 3 beesekstrakblokkies
- 1½ + 1½ liter water
Week pakkie sopmengsel oornag in water.
Dreineer, sit in drukkoker en voeg 1½ liter water, 7½ ml sout en twee beesblokkies by. Plaas drukkoker op “Sop” en 25 minute (elektriesse drukkoker).
Wanneer klaar, plaas in ander pot.
Sit nou groente, vleis, 1½ liter water, een beesblokkie, 7½ ml sout en 5 ml peper in drukkoker.
Stel op “Sop” stelling en 25 minute.
Haal vleis uit, sny op in klein stukkies.
Maak groente fyner, indien nodig.
Meng alles bymekaar; roer deur en kook vinnig deur.
Bedien saam met brood.
Resep: Jeanne van Deventer
Foto: Margaré Phillips