Your Recipe Blog

JEANETTE SE KAASSKONS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 min. | Servings: 12 porsies

JEANETTE SE KAASSKONS

Ek het hierdie resep gebak en die helfte van die bestanddele maak 6 lekker groot skons.  Dit is heerlike skon, ek sal dit weer bak. – Rina Kleinhans

  • 2 koppies koekmeel
  • 2 eetlepels bakpoeier
  • sout
  • rooipeper
  • 2 koppies kaas
  • 2 koppies melk
  • 2 eiers

Sif droë bestanddele saam en meng die kaas by.
Klits eiers en melk saam en meng by die droë bestanddele.
Skep in gesmeerde “cupcake” panne en bak vir 15 min op 200 ºC.

Nota:
Dit is REGTIG twee eetlepels. ‘n Mens dink dit gaan na bakpoeier proe, maar dit doen regtig nie.
Rina Kleinhans – ek het so 15 ml asyn by die melk ingemeng, net om seker te maak dit smaak nie na bakpoeier nie, en dit het perfek gewerk 🙂

Bron en Foto: Jeanette Martins

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page