JEAN SE MELKTERT
- Kors:
- 125 ml botter, by kamer temperatuur
- 125 ml suiker
- 1 eier, geklits
- 500 ml koekmeel, ongesif
- 10 ml bakpoeier
- knypie sout
- Vulsel:
- 1 liter en 125 ml melk
- 30 ml botter
- 3 eiers
- 200 ml suiker
- 60 ml koekmeel
- 80 ml mielieblom (Maizena)
- knypie sout
Kors
Voorverhit oond tot 200 °C. Meng botter en suiker.
Voeg eier by en meng.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Meng meelmengsel met eiermengsel tot ‘n deeg.
Druk die deeg uit in ‘n vuurvaste bak.
Bak 10 – 12 minute tot ligbruin en laat afkoel.
Vulsel
Skei twee eiers.
Klits 125 ml melk, heel eier, twee gele, suiker, koekmeel, mielieblom en sout saam.
Verhit een liter melk en botter in ‘n kastrol tot kookpunt.
Klits hierdie mengsel geleidelik by die kookmelk en roer fluks.
Verhit tot kookpunt en roer aanhoudend tot die mensel dik word (hou net dop, dit kan gou aanbrand, verlaag dan jou temperatuur).
Haal van plaat af.
Klits die twee eierwitte tot sagte punte vorm.
Vou dit in die warm melkpap in.
Skep vulsel in kors en sprinkel met kaneel.
Plaas in yskas om te stol.
Resep en foto: Jean Botha