Your Recipe Blog

JARE GELEDE SE LEKKER DADELBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute

JARE GELEDE SE LEKKER DADELBROOD

Goeie middag vriende, ek wil net graag hierdie dadelbrood resep met julle deel. Die boekie wat ek die resep van gedoen het, is seker meer as 50 jaar oud. Dit was die dae toe kerke en skole die boekies verkoop het vir fondse. Mens kry nie meer dadelbrood in die winkels en as jy dit wel kry, is dit peperduur.

  • 375 g (¾ lb) dadels
  • 120 g (¼ lb) margarien
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 eier, goed geklits
  • 2 koppie koekmeel
  • ½ koppie okkerneute, opsioneel
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 koppie kookwater
  • ¾ koppie suiker
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel vanilla geursel

Verwyder die pitte van die dadels en sny in stukkies. Voeg die margarien en koeksoda by die dadels en giet die kookwater daaroor.
Roer en laat afkoel. Voeg die suiker, eier, sout en geursel daarby en meng goed.
Sif die meel en bakpoeier saam, voeg dit by die mengsel en meng goed deur.
Laastens voeg die neute by, as jy dit gaan in sit.
Skep die deeg in ‘n gesmeerde pannetjie.
Bak vir 1 uur in matige oond teen 180°C.

Resep en foto: Yvonne Little

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page