Your Recipe Blog

JAPTRAP MIKROGOLF MALVAPOEDING

JAPTRAP MIKROGOLF MALVAPOEDING

Het die JAPTRAP Mikrogolf Malvapoeding gemaak vir my manne. Kleintjie sê, “mamma dit is so lekker, ek word sommer flou en droom van poedingmannetjies wat in vla swem”! Ek moet sê, dit was regtig ‘n wenner. So maklik en baie vinnig!!

  • 65 ml botter
  • 250 ml suiker
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • 1 eier, geklits
  • 250 ml bruismeel
  • 5 ml koeksoda
  • 250 ml melk
  • 15 ml asyn

Klits botter en suiker tot room. Voeg konfyt by.
Klits eiers en voeg by bottermengsel.
Voeg bruismeel by. Los koeksoda op in die melk en voeg by die mengsel.
Sit die asyn by die mengsel en roer goed.
Skep in vlak mikrogolf bak en bak vir 10 – 12 minute op hoog in mikrogolf.

  • Sous:
  • 250 ml ingedampte melk
  • 100 ml suiker
  • 125 ml water

Meng die sousbestanddele en verhit effens sodat suiker kan oplos.
Gooi oor warm poeding sodra dit uit die oond kom.
Bedien met vla of roomys.

Resep en foto:  Retha Booysen van Rensburg

One Review

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page