JAN ELLIS POEDING MET NEUTE
- Beslag:
- 5 ml koeksoda
- 125 ml melk
- 375 ml bruismeel
- 125 ml suiker
- 2 eiers
- 30 ml fyn appelkooskonfyt
- 25 ml baie sagte botter
- 1 ml sout
- ½ koppie gekerfde neute (ek het Walnuts gebruik)
- Sous:
- 250 ml water
- 250 ml room
- 250 ml botter
- 250 ml suiker
- 5 ml vanieljegeursel
Verhit die oond tot 180ºC.
Bespuit oondvaste bak met kleefwerende sproei.
Los die koeksoda in die melk op.
Meng die res van die beslag se bestanddele, roer die sodamelk by en meng dit baie goed.
Skep die beslag in die oondbak.
Bak die poeding 25 tot 30 minute lank.
Verhit al die sousbestanddele tot kookpunt.
Giet die warm sous bietjie-bietjie oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.

Resep geplaas deur Danniel Kruger
Foto: Danniel Kruger
Category: