ITALIAANSE TAMATIE EN BASILIEKRUID SPAGHETTI
- 1 pak spaghetti
- 1 hoender sousblokkie
- 250 g klein tamaties
- tamatie en basiliekruid pastasous
- 1 houertjie tamatiepaste
- ± 500 ml water, afhangende van hoe souserig jy die pasta wil hê
- 2 teelepels knoffel
- sout en peper na smaak
- droë basieliekruid
- basiliekruid pesto
Plaas al die bestanddele in ‘n pot en laat prut oor lae hitte vir ongeveer 30 – 40 min (spaghetti moet rou wees).
Skep op en garneer met basil pesto.
Ek het maalvleis ook apart gemaak en saam met bietjie ekstra tamatie paste en saam die spaghetti opgeskep. Heerlik.
Resep en foto: Carna Blignaut