Your Recipe Blog

ISRAELIESE KAASKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

ISRAELIESE KAASKOEK

Een van ons kosvriende hier kon nie die smaak vergeet van die kaaskoek wat sy in een van ons hotelle in Eilat geëet het, baie jare gelede. Word warm bedien met ontbyt. Hom nou eindelik gebak van ‘n resep wat die ontbyt sjef vir my gegee het.  ‘n Kaaskoek wat by hotelle in Israel by die ontbyt buffet bedien word

  • 1 kg roomkaas /quark 5% vet
  • 1 koppie strooisuiker
  • 6 eiers
  • 3 eetlepels hoogvol Maizena/cornflour/meel
  • 1 pakkie vanilla instant pudding (myne is 80 gr)
  • 1 koppie melk of suurroom
  • paar druppels vanilla
  • knippie sout

Skei eiers, klits eierwitte met strooisuiker tot styf maar nie droog en hou eenkant.
Meng res van bestanddele saam.
Vou eierwit mengsel liggies in by ander mengsel.
Giet in ‘n gesmeerde pan of glasbak.

Nota:
Ek het sommer iets soos marie beskuitjies droog onderin gepak, geen kors nodig maar gebruik jou verbeelding.
Bak in voorverhitte oond waarin ‘n bakkie water gesit word, 150 ºC 1 uur ongeveer.
Die bokant hoef nie baie bruin te word nie.
Beste is om oond af te sit en koek in oond te laat koud word.
As julle nou op die net gaan soek is daar baie variasies van die koek……..
Probeer die een gerus en ek wag om te sien wie dit werklik gebak het.

Resep geplaas en foto:  Sonja Zino

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page