Your Recipe Blog

INGELEGTE KERRIE WORTELS MET PYNAPPEL

INGELEGTE KERRIE WORTELS MET PYNAPPEL

  • 6 groot wortels, in ringe gesny
  • 1 groot ui, in ringe gesny
  • 1 rooi of groen soetrissie, in ringe gesny
  • 1 blikkie pynappelstukke (440 g of 135 g)
  • 60 ml water
  • 60 ml suiker
  • 30 ml kookolie
  • 10 ml Worcestersous
  • 4 teelepels kerrie (gelyk)
  • sout en peper na smaak
  • 3 teelepels hoogvol Maizena aangemaak met bietjie water, of na smaak

Kook wortels, uie en soetrissie 15 min tot sag, maar nie pap nie.
Kook res van die bestanddele buiten die maizena in die mikrogolf vir 3 min en meng met die wortels.
Voeg die pynappelstukke met stroop en al by en meng deur.
Kook 5 min deur.
Voeg die Maizenamengsel by en kook tot sous dikker  geword het.

Nota:
Indien die sous nie dik genoeg is nie, sit nog bietjie Maizena by en kook deur.
Hang af van smaak hoeveel pynappel jy wil bysit.
Bottel in skoon voorbereide bottels en bere in die yskas.

Foto en resep: Charmaine Van Staden

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page