Your Recipe Blog

INGELEGDE PRUIME

INGELEGDE PRUIME

  • 800 g pruime in kwarte gesny, nie oorryp
  • 2 koppies suiker
  • ½ koppie appelasyn
  • 2 koppies water
  • 1 steranys
  • 1 kaneelstokkie
  • ¼ teelepel rissievlokkies

Sit die steranys, kaneelstokkie en rissievlokkies in ‘n doek en bind toe, plaas in die pot saam met die res van die bestanddele, pruime uit gesluit.
Bring tot kookpunt en kook vir 10 min.
Plaas pruime in sous en kook vir 5 tot 6 min.
Haal speserye in die doek uit  die pot en bottel die pruime warm in voorbereide bottels en deksels, vul flesse op met stroop en verseël.
Draai die geseëlde bottels op hulle koppe en laat afkoel.

Resep en foto:  Elsie Malan

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page