Your Recipe Blog

INGELEGDE BEET

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 x 750 ml Bottels

INGELEGDE BEET

Ek weet nie almal hou van ingemaakte beet nie, maar ek dink dit smaak baie lekkerder as die gekooptes. En as dit so warm is, is dit so maklik om uit die yskas te haal saam met aandete as ‘n slaai (veral met bietjie ui bygesny!). Die is ‘n vinnige en maklike resep-omtrent 1½ – 2 ure van begin tot einde. En as jy van soeter beet hou, kan jy dit aanpas deur die suiker meer te maak.

  • 10 groot bete
  • 500 ml wit asyn
  • 300 ml suiker
  • 15 ml sout

Kool beet met skil aan tot sag. Laat afkoel. Vryf skil met jou hande af, en rasper.
Kook asyn, suiker en sout saam vir 5 minute in ‘n pot, skep beet by die sous en kook nog 5 – 10 min.
Bottel warm in gesteriliseerde glasbottels.

Nota:
Die resep vul 4 groot bottels (soos ‘n Crosse and Blackwell mayonnaise bottel)

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page