INEKE SE SLAKKEPOT
- 1 ui fyn, gekap
- 1 blik slakke, gewas
- 1 eetlepel knoffel of minder na smaak
- 1 eetlepel botter en olie vir braai
- 3 eetlepels bruismeel of gewone meel
- 2 koppies melk en/of room
Braai ui in botter en olie tot amper sag en sit knoffel en slakk by. Braai tot alles gaar is.
Meng meel en melk en sit by die slakke. Kook goed deur totdat sous verdik.
Voeg sout, Aromat, peper en bietjie chilli by.
Sprinkle kaas oor net voor jy dit opdien.
Nota:
Verdun met bietjie melk by as kaassous te dik is.
Resep geplaas deur Ineke Steyn
Foto: Ineke Steyn