IERSE KOFFIE
Drink one, it will pick you up. Drink two, and we will pick you up!
- ¾ beker sterk goeie kwaliteit koffie
- 1 – 2 teelepels Esdoring stroop (Maple syrup)
- 1 – 2 sopies goeie Ierse whiskey
- kaneel
- room
- sjokolade
- 2,5 ml vanilla geursel
Maak ‘n ¾ beker sterk koffie, 1-2 sopies Ierse whiskey, 1-2 teelepels Esdoring stroop.
Spuit geblikte room of styf geklitste room gemeng met 2,5 ml vanilla geursel mildelik bo-op die koffie.
Strooi kaneel liggies oor, rasper bietjie sjokolade oor.
Resep en foto: Jan Salti Viljoen












