Your Recipe Blog

IDEES VIR WARM RYS BYGEREGTE

IDEES VIR WARM RYS BYGEREGTE

Francis Schoeman
As ek rys in tik, kry ek net slaai resepte. Ek soek na ‘n lekker rys resep wat ek warm saam met ander kos kan bedien?

Tina Botha
Braai uie en fyn gesnipperde sampioene en spek met knoffel en kruie en meng dit in jou gaar rys in.
Sarona Coetzee
Tina Botha roer klein bietjie kerriepoeier, blatjang en mayonnaise by dis heerlik.
Carien Hartzenberg Duvenhage
Maak ‘n lekker fried rice, braai sampioene, uie, soetrissie in al 3 kleure (fyn opgekap) in olyf olie met kruie en knoffel. Meng saam gekookte rys. Is heerlik warm of koud, ek voeg graag lensies by (reeds gekookte).

Renette Jacobson
Braai uie en knoffel goed. Op lae hitte en so 30 min dat dit lekker sag en ligbruin is. Voeg kruie by na smaak en ook gebraaide sampioene. Meng gekookte rys by en meng lekker botter of margarien in en braai ‘n rukkie. Dis heerlik. Al hoe my huismense wil eet.
Cecilia Smit
My gusteling: braai rou rys in mengsel van botter en olie tot bruin. Skep uit. Braai soetrissie, ui, spek en sampioene. Skep rys terug en voeg baie Spice for rice by. Kook tot sag.
Elma Venter-Brittz
Hierdie rys is ‘n wenner! Ek kook dan die rys mrt ipv rice spice in ‘n opgeloste blokkie biefekstrak.
Cecilia Smit
Elma Venter-Brittz Dis ‘n goeie plan, dankie. Ek het nie altyd Rice spice in die huis nie.
Elma Venter-Brittz
Cecilia Smit ek ook nie en dis regtig ‘n bestanddeel (biefekstrak) wat ek feitlik altyd in my huis het.

Leon Spies
Spiced rice… braai uie, soetrissie, knoffel en rissies tot sag. Voeg gaar rys by en roer deur. Afhangende van persoonlike smaak kan jy verskeie speserye soos paprika, spice for rice, peri-peri en selfs cajun pepper byvoeg. Is heerlik saam met peri-peri of net gewone chicken wings

Aneen Ferreira
Ek maak altyd groente rys. Kook jou rys gaar maar moet korreltjies wees, nie pap nie. Sny kool in dun repies en wortels ook. Plaas net genoeg olie in pan dat bodem toe is. Braai groente vir ‘n ruk, voeg 1 blikkie groenbone by en laat dit saam braai. Skep rys in ‘n bak, sprinkel lekker Barbeque spice oor. Skep groente in en meng deur. Heerlik.

Sandra Botha Geyer
Ek braai uie tot bruin, meng 3 geklitste eiers (met bietjie Aromat in) by en roerbraai dit saam met uie tot gaar. Meng gaar rys by en bietjie ertjies indien verkies. Ek gebruik dit as daar bietjie oorskiet rys is vir volgende dag. So kan jy enige iets byvoeg na smaak.
Lorraine Futcher
Sandra Botha Geyer ek sit soyasous by dan kleur hy die rys mooi.

Janine Bassingthwaighte
Ek maak ‘n ander fried rice version. Ek begin met fyn gekapte uie in bietjie olie, braai tot ligbruin. Skep dit uit en hou eenkant. Dan in dieselfde olie wat oorbly sit ek my rou rys in en braai dit. Ek roer dit konstant. Tot meeste of al die korrels op gepof het soos rice krispies. Dan voeg ek ‘n rou opgekapte tamatie en die gebraaide uie by die rys. Roer dit deur. Sprinkel knoffel by en my spices.  Sout, peper, spice for rice, kruie. Wat ek ookal voor lus is die dag. Voeg dan die water by dit en kook dit tot die rys gaar is en al die water verdamp het. Voila.

Charles Lundall
Maak jou rys met hoender/groente aftreksel, self klont botter as standaard met water, rys moet op sy eie lekker ook wees, die ander byvoegsels maak dit dan watertand lekker.
Eunanza Farrell
Kook rys en terwyl dit besig is, braai uie, knoffel en sampioene, voeg by gaar rys net voor opdiening, bietjie room en kaas en roer deur. Sny grasuie fyn vir bo-oor, dis heerlike warm rys.

PETRE SE GEBRAAIDE RYSSLAAI (30 porsies)

  • 4 koppies rys
  • botter/margarien
  • 2 pakkies spek (chunks)
  • 4 medium uie gekap
  • halwe groen soetrissie in blokkies
  • 2 blikkies gesnipperde sampioene (gedreineer)
  • 2 teelepels Spice for rice

Braai uie en spek tot gaar.
Braai rou rys in botter tot ligbruin, voeg Spice for rice by en braai goed deur.
Bedek rys met water en kook tot sag, dreineer en voeg die res van bestanddele by.
Meng goed deur en bedien warm of koud.

Resep: Petré Van Jaarsveld
Foto: Petré Van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page