IDEES VIR SPESIALE GELEENTHEDE
Sade Alberts:
My man raak Junie 40 en ek het geen idee wat om te doen nie. Enige idees, temas, kos, ens.?
Chantel Vorster:
Plankie braai – Braai kaasworsies, hoendervlerkies, vark sosaties met pynappel, groen soetrissie en soet suur sous, roosterkoeke gevul met tamatie, uie en kaas, filet steak met balsamiese asyn en kruie.
Addisioneel bedien ek stokkies met kaas, heel tamatie en “gherkins”, stokkies met sampioene en ‘n sous oorgeverf, asook klein mielies gebraai op die rooster.
Merisca Henn:
Ek het vir my man se 40ste ‘n paar “snackies” uitgesit. Later het ek en my swaer eers hoendervlerkies gebraai en op ‘n plankie bedien. Bordjies geplaas en almal vat soos hulle wil.
‘n Uur later kersie- en spekbomme.
‘n Uur later kaasworsies.
‘n Uur later steakrepies.
‘n Uur later garnaalsosaties.
Daar was geen slaaie of bykosse nie. Daar was wel groente sosaties, maar amper niemand het dit geëet nie. Afgesluit met “wafer” horingkies gevul met elkeen se soetgoed van keuse in foelie toegedraai en op die vuur opgewarm. Almal se magies was vol, selfs die ouens wat gewoonlik “kuier” en nie eet nie, het geëet!
Meeste mense het saam langs die vuur gesit. Die ouer mense was binne, maar ons het beurte gemaak om te gaan gesels. Ek het alles die oggend voorberei, so dit was net uithaal, plaas op die vuur en gesels terwyl jy dit dophou. Jy kan enigiets braai al om die uur, wors / vark repies / varklies sosaties / mini burgers /ens. Die koek was ‘n “savoury” broodjie met biltong en droëwors omgepak. Die tema was “cheers and beers”. ‘n Nuwe gier is ook die “charcutery” tafel, ook ‘n wenner, ons het dit vir oukersaand gedoen.
Hazel Nortje:
Doen ‘n spitbraai met 3 lekker slaaie, broodjies en nagereg.
Nina Meyer:
Stem saam met ‘n spitbraai. Daar is deesdae eindelose idees vir bykosse wat nie moeilik is. Dieselfde vir nagereg. Die outydse asyn- of gemmerpoedings bly ook wenners of malvapoeding met amarulasous.
Ilze Jacobs:
Verskillende potjies met varsgebakte brode, rys en uitpakslaai. Klein koppietjies sop vir voorgereg en gebakte poeding en/of koek vir nagereg.
Meisie Potgieter:
Doen iets rondom braai. Die manne sal altyd braai verkies. Paptert, en iets soet agterna.
Nicolene van Staden:
Gaan Mexikaans. Nachos vir voorgereg, taco,s vir hoofgereg (gaste maak hul eie volgens smaak).
Nagereg, roomysballe wat jy rol in vooraf geroosterde fyn cornflakes, neute en klapper. Jy kan dit voor die tyd maak en vries.
Die taco’s se groente kan vooraf gesny en in die yskas gebere word. Maak jou sous vooraf gaar en sny jou vleis in repies. Die dag met die funksie verhit jy die sous tot kokend en voeg die rou vleis repies in die sous en laat staan. Die vleis word gaar in die sous. Jy kan ook gekrummelde hoender repies vooraf maak en net verhit. Nachos se maalvleis maak jy vooraf. Ek gebruik sommer Nacho’s skyfies Sweet Chilli en die kaas geure , gemeng. Rasper die kaas vooraf. Maak avo fyn en frummel feta kaas.
Vir welkom drankie, koue tamatiesap met n knerts tequila, suurlemoen, tobacco, sout en peper. Stukkie seldery stingel met blare in die glas.
Maak mojito’s vir die gaste wat tussen elke gereg geniet kan word. Met of sonder drank.
Bernadene Daniell Prinsloo:
Mexikaanse kos is nou baie gewild en het n lekker verskeidenheid van idees.
Christie Odendaal:
Ons het n bier en burgers kuier gehou met bier “on tap” en self help burger bou stasies.
Andrea van den Bos:
What’s his favourite food? Work your theme around that. When I turned 50, I did my favourite place, I’d still like to visit and that country’s food (Greece) also choose food you can make ahead of time that you can freeze. An American diner – burgers, hotdogs, ribs, apple pie and ice cream. You don’t want to worry about food on the evening. With it being June and it might be quite cold, you might want to do a “potjiekos”, even a soup for starters, hot puddings can also be made ahead of time.
Runette Geyser Hamilton:
Lam op die spit is maar die lekkerste of paella.
Hermien Grobler:
Biltongpotjie.
Eunanza Farrell:
Groot tuisgebakte brode, kaaswiele, makataan en vye konfyte, koue vleis, koue gerookte “brisket” wat in skywe gesny is en verskillende soorte “toppings”. Laat die vleis vooraf braai en rook, sny in skywe, dan is die werk gedoen.
Ida Bouwer:
As jy dit kan bekostig sou ek ook aanbeveel ‘n spitbraai. Ons het dit vir my man se 60ste gedoen en dit was so lekker. Ek het bykosse gehad, mengelslaai, groente gebak in die oond, aartappels gebak in die oond, vars brood en nagereg.
Lisa Jansen:
My vriendin se seun raak 21 jaar saterdag, sy soek ‘n paar idees vir die partytjie wat nie te duur gaan wees asb.
Meisie Van Der Colff:
Jy kan dit spesiaal maak deur verskillende soorte patties te maak of te koop. Dan pak jy alles mooi op ‘n tafel uit en elkeen bou sy eie burger.
Rina Kleinhans:
‘n “Burger bar” is baie populêr en daar kan mens al die lekker idees gebruik.
Jeanie Teixeira:
Burgers altyd ‘n wenner.
Andrea van den Bos:
Build a burger – buy burger patties in bulk. Have sides like caramalised onions, cheease squares, tomatoes, lettuce, jalepeno’s mixed in mayo. Use paper plates or polystyrene units, that way everything can just be thrown away.
Chemorne Cloete:
Boerewors bar met 15 verskillende vulsels bv. bloukaas, Cheddar, chakalaka, koolsaai ens.
Lorraine Petersen:
Platters vir vooraf peusel, “snacks” na dit, hoofgereg en laastens nagereg.
Rina Kleinhans:
‘n “Hobo party”. Ons het die vis en tjips in koerantpapier pakkies gemaak en met kruiwaens ingestoot en uitgedeel.
Cheryl Tancott:
Wraps. Lots of lettuce, green pepper, tomatoes, onions. One or two good sauces. Chicken strips and beef stir fry strips.
Marie Dumas Jennings:
Ons was 20, elkeen kon 2 burgers maak met kaas skywe (nie die geprosesseerdekaas nie), vars pynappel ringe, “gherkins” in die lengte gesny, blaarslaai, tamatie, uie, sampioensous en bottels souse (mosterd, soetrissie, “monkey gland”, ens.) en dan die rolletjies.
4 Pakke “oven chips” gaargemaak en in houertjies geskep om voor te sit.
Ons het die patties op die vuur gebraai, dit daar bietjie warm gehou en die skyfies gaargemaak sodat dit omtrent gelyk met die patties gaar was en alles gelyk bedien. Daar was waatlemoen, Feta en mint slaai ook.
Leza Du Toit Mienie:
Pulled pork and coleslaw rolls. 2 of 3 ontbeende vark skouers in die prutpot. Maak koolslaai met ‘n bietjie mayonnaise en bedien op rolletjies. Alles word uitgesit en almal bou hulle eie. Ek het ‘n “rub” resep vir die vark in die slowcooker. Al wat ingaan is die ui en vark. Geen vloeistof.
Jessica van Niekerk:
Maak verskillende lekker platters, jy kan ver uitkom met hoender en mayonnaise wraps, maak pizzas met winkeldeeg en jou eie keuse vir “toppings” en soutertjies, dan pak jy al die eetgoed op planke uit.
Foto 1: Chantel Vorster
Foto 2: Marisca Henn