Your Recipe Blog

IDEES VIR PATATSLAAI

IDEES VIR PATATSLAAI

Andrieshia Vd Berg Gray
Hi almal, ek het nou iets interessant gesien en wil hoor wat julle daarvan dink. Jy maak aartappel slaai van patat?

Ilze Jacobs
As jy die mayonnaise sous geur met kerrie en blatjang, en rooi peppers en grasuie insit is dit FANTASTIES!!
Joan Mouton
Patat het meer vesel as aartappel. Gebruik patat ook vir herderspastei, bredies, chips, ens. Heerlik.
Anton Kriegler Snr
Vir die diabete is die laer GI van patats teenoor aartappels ook iets om in gedagte te hou.

Ronel Cilliers
Ek maak patatgereg by braaivleis. Kook patatwiele in soutwater net tot gaar, nie pap.
Meng 250 ml room en 1 pakkie dik wit uiesop. Pak patat en sous in lae in oondvasye bak, rasper kaas oor en bak vir ongeveer 1 uur. Baie lekker.
Lynette De Wet
Ek maak my patat gereg by braaivlei. Kook patats en botterskorsie net so 5 na 6 min in mikrogolf. Braai sampioene, spek en ui. Meng met die patats en botterskorsie en sit in ‘n gesmeerde oondbak. Meng pakkie bruin uiesoppoeier met room. Skep oor die gereg.  Sprinkel gerasperde kaas oor en bak in die oond tot verdik en kaas gesmelt. Heerlik verby hoor.

Anne-Marie Storm Buys
Halloumi en Paptatslaai:

  • 4 patats
  • 3 soetrissies
  • 100 ml koekmeel
  • sout en swartpeper
  • 5 ml paprika
  • 300 g Halloumi-kaas
  • 30 ml olie
  • 50 ml balsamiese asyn

Sny die patats in kwarte en plaas in mikrogolfoond vir 10 minute tot sag. Sny die soetrissies ook in kwarte, plaas op ‘n bakplaat met skil na bo en oondrooster tot swart. Trek skil af en sny in repies. Geur die meel met sout, swartpeper en  paprika. Sny die Halloumi-kaas in vingergrootte porsies en bedek liggies met meel. Verhit die olie in ‘n pan en braai kaasvingers vir ‘n paar minute. Meng soetrissies, patats en kaas bymekaar en sprinkel balsamiese asyn bo-oor die slaai.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page