IDEES VIR GROENTE IN SEISOEN AS BYGEREG BY BRAAI
Nadia Swanepoel
Dit is altyd vir my ‘n uitdaging as dit so koud word, mense wil nie slaai saam met pap en sous eet as ons braai nie. Opsoek na idees vir ‘n braai bygereg met groente in seisoen. Wat maak julle altyd?
Jacoline Snyman
My vriendin Rene Dittberner se spinasie en butternut resep. Sny butternut in blokkies, voeg spinasieblare en sampioene by, strooi pakkie bruinuiesoppoeier en hele houertjie room by. Bak in die oond vir so 30 – 45 min op 180°C. Yummie lekker!
Elna Botha
In plaas van oond aansit (ons braai mos) maak ‘n tinfoelie pak of pakkie vir elkeen, sit aartappels, uie of net wat jy wil met botter en sout en peper en sit langs die kole.
Hein Viljoen
Vat enige tipe groente. Met potato bake in die oond. Baie lekker.
Amanda Bezuidenhout
Butternut skywe, gebraaide uie, bacon, pakkie dikwit uiesop en ‘n houertjie room. Bak@180°C.
Zelda Barnardt
Kook groente en aartappels tot amper sag, sie in foelie bak. Smelt botter en soppoeier gooi oor die groent dan gerasperde kaas maak toe met foelie en maak verder gaar op die vuur. Ek wissel af vlgs groente wat ek het en tipe vleis wat ons braai.
Johanna Oelofse
Fry together: sliced onion, garlic, mushrooms and smokey bacon.
Curry pumpkin.
Whole baby sweet potatoes baked skins on.
Whole corn with butter.
Sonja Beukes Oosthuizen
Paptert altyd lekker.
Heel aartappel spuds met bacon en suurroom.
Zelda Barnardt
Nog ‘n gunsteling maak samp, braai uie, knoffel en peppers, spek. Meng saam, gooi room en kaas oor sit in foelie bak. Maak toe met foelie en bak op vuur tot lekker dik room maak.
Gerty Corbitt
Groente kardoesies: Baby marrows in skywe, wortels, rooi uie in skywe, pampoen in blokke, green pepper. Sny foelie in porsiegrootte blokke. Pak groente in blok, strooi aromat oor, sprinkel bietjie olyfolie oor. Draai bo toe soos ‘n kardoesie en laat stadig oor vuur stoom tot gaar.
Arieka van Staden
Warm mieliebrood of tert. Paptert en baie kaas. Aartappel in vuur gebak of soet patas.
Glynis De Jager
I made mix veg with a delicious cheese sauce and roast potato. Or you can make baby potatoes with brown onion soup and butter in the oven, it is delicious.
Thea Taylor
Ek rooster groente in die oond met roosmaryn en knoffel en dan voeg ek net voor bediening neute, feta, en rocket blare by…voila ‘n warm groente slaai.
Tanya Lee Brink
Sny soetpatats in sirkels. Braai uie totdat hulle sag is en gooi bietjie suiker by om hul te karamelliseer, knippie sout by. Pak als in lagies in ‘n oondvaste bak, gooi room in met elke lagie en bak vir ‘n halfuur op 180°C.
Sarel Strydom
Neem groter aartappel , 1 x persoon, dokter met knoffelbotter en draai deeglik toe in foelie. Druk in kole en los tot gaar.
Susanna Kruger
Hierdie is ‘n wenner jy moet maar diskressie gebruik hoeveel mense en hoeveel sal van dit hou.
Neem so 2 Engelse komkommers, sny in kleiner stukke nie te klein nie. Braai spring onions en bacon en mushrooms saam sout en peper. Voeg die komkommers by roer bietjie botter by en roer jy kan ook klein bietjie kookwater byvoeg. Roerbraai maar moenie brand nie en komkommer moet nie pap nie.
Wanneer dit reg is, meng bietjie Maizena, suiker en bruin asyn en meng goed met bietjie koue water. En roer by mengsel dit gee so soet suur smaak. Jy moet dit warm bedien saam met braaivleis. Dis heerlik vir winter.
Elsja Wolmarans
Braai uie en bacon. Geen sout. Kook blaarkool so 5 min vinnig. Dreineer en meng met bacon en uie. Meng pakkies wituiesoppoeier met botteltjie room en gooi oor met kaas bo-oor. Bak in die oond vir ¾ uur. Eish!!!!
Nikita Scheepers
Warm aartappel gebak met room,kaas, spek en sampioene
Paptert
Pudding: Sit Marie biscuits onder in ‘n bak. Gooi marshallows en chocolate chips oor. Jy kan Smarties en Astros ook gebruik. Sit in oond of sit in vuur tot alles gesmelt het.
Karen Deysel
Warm artappel blokkies met sundried tomato wat in olyfolie is. Opgekap saam feta blokkies met fyn garlic en spices volgens smaak. Meng alles. Baie lekker.
Minnette Collins
Jy neem butternut, ek koop sommer die klaar gesnyde blokkies en sny nog kleiner + baby marrow, wat ek ook opsny. Plaas in oondvaste bak en sprinkel veggie spice oor. Gooi pakkie cream of tomato sop oor net so droog en ‘n potjie room. Ek gooi nog ‘n koppie melk ook by. Meng lekker deur en plaas in oond. Ek gaan maar net kort kort kyk of groete sag is en gee so roer. Die sousie raak lekker dik by die tyd wat dit gaar is.
Stephanie Kriel
- 1 kg groen lang gevriesde gekerfde boontjies – I &J
- 2 houers suurroom
- 2 teelepel Aromat
- 1 ui, gekerf
- 1 pak gekrummelde kaas en uie chips
- 1 koppie kaas
Kook boontjies en uie tot sag. Dreineer en meng met Aromat en suurroom. Skep in ‘n gesmeerde/bespuite bak. Sit gekrummelde chips bo op dan kaas. Bak tot kaas lekker gesmelt het.
Is baie lekker.
Petro Howse
250 g elk van wortels, groenbone, broccoli, blomkool, ertjies en 500 g sampioene en sny ‘n paar klein uitjies in dun ringe op en meng sout swart peper en botter. Meng, sit in oondvaste bak. Rasper kaas op en bak in oond.
Lida Pieterse
Vat gemengde groente en meng ‘n bakkie room en ‘n pakkie bruin uiesop. Meng alles in kastrol en sit in oond of as jy n klein yster potjie het, sit op kole.
Mari van der Watt
- Uie tert:
- Kors: Meng goed en druk vas in tertbord:
- 1 koppie meel
- 125 g sagte margarien
- ½ koppie gerasperde kaas
- Vulsel:
- 6 medium groot uie in blokkies gesny en gebraai in biejie botter tot deurskynend
- 3 eiers
- ½ koppie melk
- 1 teelepel kruie
- 1 teelepel braai speserye
- 1 koppie gerasperde Cheddar kaas
Meng alles saam en skep bo-op tertkors. Bak teen 180°C tot goudbruin, omtrent 40 min. Geniet!
Tish Bowers
Layer veggies, potatoes, butternut, sweet potatoes, broccoli, pour tub of cream over and bake, yummy!
Dawn Du Plessis
Kook baba aartappels in skil, draai streaky bacon om hulle, ryg op sosatie stokkies en braai op vuur terwyl met knoffelbotter bedruip word. Braai tot spek lekker bros is.
Foto: Gideon Louw