Your Recipe Blog

IDEES VIR BOONTJIESOP

IDEES VIR BOONTJIESOP

Karien Bronkhorst
Enige raad, moets en moenies vir boontjiesop? Gaan dit môre probeer maak vir die eerste keer. Het ‘n resep op die blog gekry. Het dit nou in water gesit om te week (skoonpa het kook water oorgegooi – nou kom die velletjies af?)
Yvonne Kotze
Moet net nie sout ingooi as jy dit kook nie, boontjies wil dan nie sag word nie, gooi later in as boontjies heeltemaal gaar is.
Lorett Brittnell
Iets wat ek wel weet is om ‘n lekker skep sultana bladjang voor opskep by te roer. Mensig dit maak n boontjiesop nou eers lekker.
Ruby Senekal
Ek rasper ‘n wortel in… gee ‘n lekker smaak aan sop.

Klara Janse van Rensburg
My Ma maak haar 3 bestanddeel boontjie sop as volg:
Suikerboontjies oornag geweek of as jy vinniger moet maak, lê in koue water met bietjie koeksoda tot velletjies lyk of dit rimpel, spoel af. Hierby sit jy beeskookvleis, As jy het kan jy murgbene ook bysit, dit gee ekstra geur.
Dan maak ‘n sous van water en so halwe pakkie bruin uie soppoeier, die vloeistof moet jou vleis en bone redelik bedek. Laat prut so in slow cooker tot vleis lekker sag is. Jy kan boontjies ook fyner druk en nog water bygooi as dit te dik raak.
Ons is lief vir peper so ek gooi wit peper ook by myne so tussendeur en as jy dit bietjie wil rek kan jy aartappel ook bygooi. ‘n Bietjie bacon kan ook bygegooi word vir so bietjie ekstra smaak. Ek gooi geen sout by nie eerder vir elkeen se smaak na die tyd.
Gaylin Atkins
Ek gooi ook die brown onion soup in, gaan sekerlik die bacon next time probeer. 👍

Klara Janse van Rensburg
Kampkos Boontjiesop resep:
1 pakkie spek
2 uie, fyngekap
2 blikkies baked beans in tamatiesous
1 pakkie bruinuiesop
850 ml warm water
Braai spek en gooi dan uie by en braai tot deursigtig,
Gooi die boontjies by, dit kan heel gehou word of fyn gedruk word.
Meng die soppoeier met warm water en meng dit by, laat prut 10 min en sit voor.

Elna Botha
Ek het vanaand weer gemaak, net bone, vleis, murgbene en ‘n ui, genoeg sout en peper
Tersia Johnson Clark
Maak net seker dit word n paar keer gespoel terwyl dit kook
Adele Horn
Kyk ‘n lekker stukkie shin in die boontjiesop is altyd ‘n wenner en so bietjie Worcestersous.
Ronél Nel Beukes
Ek het vir jare my boontjiesop op die “ou” manier gekook! Ook boontjies geweek en lank gekook. Toe vind ek uit, dis net so lekker (indien nie lekkerder nie) met geblikte bone! En baie vinniger!!
Jeanette Vd Merwe
Ronél Nel Beukes watse geblikte bone? Butter beans, red kidney beans?
Petro Borchard
Ek doen dit ook. Ek koop catering size blikke botter boontjies en/of sousbone vir die basis saam met die normale uie, seldery ens, mash van dit fyn vir body, los meeste heel en sit dan teen einde van daai kleiner blikke bone wat ‘n mengsel van verskillende bone by vir die looks.

Karen Karma Pienaar
Probeer gerus patats insit (vries beter as aartappels en gee lekker smaak). Een groot patat opgesny en 2 wortels klein blokkies gesny, groot tamatie, groot ui en 3 selderye stingels klein gesny. Braai uie tamatie en selderye. Kook 500 g bone sag. Braai 400 g shin lekker bruin. Sout peper en Worcestersous na smaak en onthou daai klein geheimpie. So klein bietjie bruin suiker. Mash jou bone effe, nie alles nie. Klein bietjie suurlemoensap en lekker swart peper. Voeg water by soos verkies. Los dik indien jy van kousop hou😁. Gerookte vark is ook heerlik in bonesop.
Ek dink in ‘n gewone pot, omdat boontjies skuim as jy dit kook, moet jy dit nie in die pressure cooker sit nie. (volgens ons boekie wat ons saam met pot gekry het)

Klara Janse van Rensburg
Maak bone fyner of die quick fix is: meng bietjie smash in, nie te veel nie dit sal dan te aartappelagtig raak, net bietjie om sop te verdik anders soppoeier.
Dawn Grabe
Ek gooi halwe pakkie rooi lensies by. Maak sop lekker dik ook en kook bootjies sag.
Francis Schoeman
Gooi hawermout in om dit dikker te maak.
Joann Veldman
Vat 3 verskillende pakkies soppoeier. Lekker vleis geure en ‘n room tamatie. Net nie uie sop nie. Maak n paste van dit en roer by jou sop.

Talje Marais
Ek voeg pakkie bacon bits en 250 g maalvleis saam die murgbene bymekaar en braai dit voor ek dit by die bone gooi.
Elma Venter
Gerookte eisbein.

Hanlie Sanders
Ek het agtergekom verskillende make van bone. Ek het nou die dag ‘n ander maak van boon gekoop, en na 7 ure in die slow cooker was hul nog steeds crunchie. Gewoonlik by my maak net so 3 ure sonder week. Onthou om helfte van bone te mash. Ek gooi sommer als by waarvoor ek lus is. Daar is nie regtig n resep nie, want almal maak dit na smaak. Shin, mince, vark, bees, jou keuse, maar onthou altyd geurmiddels en pakkiesop. Proe maar gereeld.
Delene Breytenbach
Skeutjie asyn. Baie min naeltjies en dan Worcestersous.
Riana Human Ferreira
Nee wat, nie nodig vir oornag week in water nie. Gooi pak boontjies in groot pot, voeg 3-4 aartappels en 2 uie by en sopvleis . Maak pot vol water en kook tot boontjies sag is omtrent 90 – 120 min. Voeg sout na smaak en Worcestersous by. Maak alles fyn.

Annabell Welthagen
Ek gister 10 liters boontjie sop en 10 liters groentesop gemaak en gevries in 3 liters houers. Ek is reg vir die koue dae en as dit klaar is, maak ek weer.
Louisa Helena
Kook boontjies vorige aand vir 2 minute met baie water. Sit deksel op kastrol. Laat staan oornag. Volgende oggend gooi jy water af. Spoel boontjies af in koue water en sit terug op stoof. Bone moet toe lê onder die water. Sit murgbene en vleis in, ook een wortel gerasper, ‘n ui fyn gesny en 3 tamaties. Kook stadig. As boontjies sag is en gaar voeg 1 pakkie chicken noodle sop poeier by wat jy aanmaak met bietjie water. Voeg by en prut net so vir 5 minute die sop stadig, voeg sout en peper by na smaak. Jy kan ook aartappels byvoeg as jy die sop opsit. Die chicken noodel soppoeier maak dit lekker dik en gee ‘n heerlike smaak aan die sop.
Rihandi Nel
Ekt êrens gelees moenie sout bygooi aan die begin, anders kook boontjies nie lekker sag.
Nauline Erasmu
‘n Wortel, skaap ipv bees. Op einde pakkie bruin uie sop.

Francis Schoeman
Boontjiesop vries baie goed as jy nie aartappels insit nie. Party mense sit amper in al hul soppe aartappels. Ek gebruik natuurlik ‘n handvol oats. Dit maak die sop ekstra vullend en lekker dik.
Olga Els Bosch
Ek gooi my bone, uie, wortels en ‘n eisbein in die stoompot. As gaar haal ek die eisbein uit en zirts die bone. Sny vleis klein en sit terug in sop en voila!
Olga Els Bosch
Vroeër het mense spek ook ingesit.
Amanda Brand
Boontjies, samp, uie, vleis, rasper so 3 tamaties in, sout, peper, aartappels in blokkies en Worcestersous.

Foto: Koos van der Merwe

Category:

One Review

  1. Toeka Bekker

    Dankie vir al die raad

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page