Your Recipe Blog

IDEES MET SPINASIESTINGELS

IDEES MET SPINASIESTINGELS

Marlene Mouton Carstens
(Resep van Roedolla Collen Smit)
Spinasiestingels in ‘n degie:
Gooi koekmeel in ‘n plastieksakkie. Gooi stingels in en skud goed. Maak melkmengsel met geklopte eiers en melk. Dip dit in eiermengsel bak in olie tot goudbruin. Gooi sout en kruie na smaak oor. Jy kan bacon ook omdraai, maar dan moet jy eers ‘n degie aanmaak en dit daarin dip voor jy dit braai. (Skat maar hoeveelhede – hang seker maar af hoeveel jy maak)

Bernadene Daniell Prinsloo
Gelyke hoeveelheid water, asyn en suiker. Ek gooi bietjie sout en “pickling spice” by.
Kook stingels vir 5 min saam met sous. Bottel warm.
Heerlik in ‘n slaai of saam met kaasbord.

Ragiela Cloete
Hier by my is dit baie gewild. Die stingels werk lekker in ‘n bredie ook.
Peggy Landman
Ek sny die spinasie stingels dunner en roer braai hulle. (ek gooi niks weg nie) 😁
Lorett Brittnell
Ek braai my stingels in regte botter met sout en peper. Dis heerlik. Proe soos aspersies.
Christa Jansen van Rensburg
Ek meng sommer een koppie meel, een eier, 1 teelepel bakpeier, sout en chicken spice na smaak, dan gooi ek water geleidelik by tot ‘n lekker dik deeg en doop die stingels daarin. Haal uit en sit dadelik in die olie en braai tot bruin. Vrek lekker, vinnig en so maklik. Tot my kinders is lief daarvoor. Ek doen dit selfs met die blare ook.
Marelize Hattingh
Klink heerlik ek sal dit in krummels rol as uit die eier kom. Gaan lekker wees vir groente platter. Baie dankie.

Arno Kennedy
Ek kook hul gewoonlik sag, maak dan ‘n kaas sous van botter, meel, melk en kaas, gooi sagte stingels in bak, gooi kaas sous bo-oor ,meng deur, gooi gerasperde kaas bo-oor, paar minute in oond tot kaas gesmelt en voila!!! Goedkoop/armans aspersie gereg en heerlik verby.
Anna Venter
Meer as 45 jaar gelede het die huiswerker wat vir my ouers gewerk het, dit altyd vir ons vakansie tye gemaak. Sy het dit altyd in die middag vir ons gemaak as die maats kom speel het. Dit bak was altyd in ‘n kits leeg. Nopelo het doopsousie van mayo, chutney en tamatiesous daarmee saam gegee….en in my 34 jaar van getroude lewe kon ek dit nog nooit maak sodat dit smaak soos die wat sy gemaak het nie.
Cronette Cronje Nel
Ek kook soms die stingels in soutwater, laat afkoel en bedien dan mt mayo. Proe soos aspersies!! Heerlik!!
Haydie Snyders
Net so lekker as jy dit in Chillibite mix doop en braai. Sit voor met ‘n sousie van jou keuse.
Ester Vermaak
Ek braai graag dun skyfies eiervrug wat in chillibite mix gedoop is.

Susan Bezuidenhout
Brocolli en blomkool kan ook so gaar gemaak word. Heerlik.
Ninene Oosthuizen
Ek doen dit met seldery ook. Heerlik!
Kiti de Jager
My pa het dit arm man se aspersies genoem. Stingels gesny in 4 cm stukkies, net opgekook vir so 10 minute, nie pap nie. Dan afgewater en in slaai met mayonnaise. Proe amper soos aspersie slaai.
Marlene van Staden
Ek maak ‘n slaai van die stingels. Sny in wielietjies. En sit rooi appel in met skil. Meng dit met mayonaise. Baie lekker. Sit so bietjie sout en peper ook in.
Marinda Marinda
Lekker as mens Aromat oorstrooi as dit klaar gebak is ook.

Foto 1: Marlene Mouton Carstens
Foto 2: Bernadene Daniell Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page