Your Recipe Blog

IDEES MET GEMENGDE GROENTE

IDEES MET GEMENGDE GROENTE

Gloudene Marais:
Hoe kan ek gemengde groente lekker gaarmaak. Nie die gewone witsous bo-oor nie. Enige ander sous?

Heibre van der Westhuizen:
Ek strooi bruin uiesoppoeier oor, giet bietjie water onder in pan, stip stukkies botter bo-op en bak stadig in oond in toe bak, tot gaar en al die soppoeier nat geword het.

Madeleine van Zyl:
Braai sampioene, knoffel en uie, meng by groente nadat dit gaar gestoom is. Maak ‘n ryk kaassous by en wanneer ek die groente uitskep, krummel ek feta kaas bo-oor.

Ronel d’Assonville Prinsloo:
Gemengde groente, 500 ml room en 1 pakkie wit uiesoppoeier. Meng room en soppoeier, giet oor die groente, bak tot gaar by 180ºC.

Monika Wichert:
1 kg gemengde groente, stoom tot amper gaar. Plaas dit in ‘n glas oondbak gesmeer met botter. Maak een pakkie “potato bake” aan volgens die aanwysings op die pakkie en giet bo-oor die groente. Bak dit net so oop in die oond op 180ºC vir 30 minute, haal uit die oond en strooi gerasperde kaas bo-oor, plaas terug in die oond tot die kaas lekker bruin is. Ek maak dit altyd ‘n hele rukkie voor die ander kos, sodat dit tyd het om te staan en lekker te stol.

Sue Jacobs:
Plaas die gemengde groente in ‘n oondbak.
Meng die volgende saam:  2 eiers, 1 koppie melk / room, bietjie sout, swartpeper, rooipeper, gerasper Mozzarella kaas en gekapte vars pietersielie. Hou eenkant.
Braai uie, sampioene, groen-, rooi- en geelsoetrissies in ‘n pan! Laat dit bietjie afkoel, voeg dit by die eiermengsel, roer deur en giet die mengsel oor die groente.
Sprinkel weer bietjie gerasperdde kaas bo-oor en bak in die oond teen 180°C vir ongeveer 30 min. Geniet.

Foto en skakel: Ilze Jacobs
https://yourrecipeblog.com/recipes/lae-kaloriee-geroosterde-groentegebak

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page