IDEES MET BOTTERSKORSIES
Limise Charmain Yona:
Kan ek asseblief ‘n maklike resep kry om botterskorsie gaar te maak.
Sean O’Brien:
Vinnig en maklik. Smelt botter en bruinsuiker in pot, hoeveelheid hang maar af van jou. Sny botterskorsie in blokkies en gooi by die gesmelte botter en suiker. Roer maar gereeld. Sit later deksel op en verlaag hitte. Jy kan dan bietjie lemoensap byvoeg, en gaar stoom. Kaneel opsioneel. Bietjie gerasperde lemoenskil by is ook lekker.
Of sny in die helfte, haal pitte uit, gooi botter en suiker op en bak in die oond met skil en al. Of instede van suiker en botter kan jy olyfolie en kruie opgooi.
Wayne Dugmore:
Ek sny gewoonlik my botterskorsie in stukke, sommer skil en al en plaas dit op ‘n bakplaat. ‘n Ordentlike laag olyfolie, sout, swartpeper, knoffel vlokkies en uie vlokkies. Meng met die hand en maak jou hande lekker vuil en kry die geuring orals. In die oond in teen 180°C vir so halfuur tot ‘n mes maklik deur druk. Eet dit skil en al.
Annatjie Cooper:
Ek sit hele botterskorsie in plastieksak, bind toe, sit in mikrogolfoond vir 5 minute op hoog. Trek skille dan af, sny oop in die middel, haal pitte uit. Maklikste manier om botterskorsie te skil.
Maria Van Zyl:
Smelt botter in pan, sny en braai skywe botterskorsie oor stadige hitte. Geur met garlic en herb van Ina Paarman of sny in blokkies duimgrootte en plaas in gespuite pan. Geur met garlic en herb en bietjie olyfolie. Bak oop in oond 180°C. Roer een keer. Bak halfuur of tot sag. Kan kaneelsuiker ook oor gooi as jy dit in pan op plaat braai. Kan ook in olyfolie gebraai word. Kan in groentelasagne so gebruik word. Bak in oond met patatblokkies. Heerlik.
Meyer Combrinck:
Sny op in stukke, moenie eers die skille afhaal nie. Maak gaar in mikrogolfoond tot sag. (ek doen so 10 min op 70%, met 3-5 eetlepels water in)
As die skil ook sag is, eet met skil en al, anders scoop net sagte butternut uit skil. Geen suiker, geen botter – dis heerlik net so!
Tani Ras-Devereux:
So hierbo kan jy sien dat jy dit of in die oond, op die stoof of in ‘n mikrogolf kan maak. Persoonlik hou ek van ‘low & slow’ in die oond. Ek voeg gou ‘n paar idees en geure by.
- Sout – India – gewoonlik ‘n stoof dis:
- 1 teaspoon cumin seeds
- 1 teaspoon coriander seeds
- 2 cloves of garlic
- 1 teaspoon turmeric
- 2 tablespoons creamed coconut
- 1 fresh red chilli, chopped
- 10 curry leaves
- 2 teaspoons mustard seeds
- Sout – In plaatkoekies: (meng bestanddele en bak soos gewoon)
- 250 g leftover roasted squash, skins removed
- 1 fresh red chilli
- 2 sprigs of fresh rosemary
- 30 g Parmesan cheese, plus extra to serve
- 1 large free-range egg
- 280 ml semi-skimmed milk
- 150 g self-raising flour
- 1 whole nutmeg, for grating
- olive oil
- Vulsel vir Worsrolletjies: (pampoen rolletjies -left overs of maak van scratch)
- ½ butternut squash, roasted lengthways
- 1 tablespoon olive oil
- 1 teaspoon chilli flakes
- 4 sprigs of fresh thyme
- 100 g Stilton
- 50 g walnuts
- 50 g breadcrumbs
- 1 large free-range egg
- Moroccan geure: (‘Ras el Hanout’, meng saam en bêre in ‘n lugdigte houer)
- 2 teaspoons each of cumin, coriander, and ground ginger
- 1 teaspoon each of salt and pepper
- ½ teaspoon each of allspice, cinnamon, and cayenne pepper
- Moroccan Filo pastry filling:
- 100 g pearl barley, cooked
- 1 butternut squash, (1.2kg), cooked
- 2 red onions
- 2 cloves of garlic
- 2 red peppers, deseeded
- 1 big bunch of fresh coriander, chopped
- ½ teaspoon dried red chilli flakes
- 1 heaped teaspoon fennel seeds
- 1 heaped teaspoon cumin seeds
- 1 heaped teaspoon ground coriander
- 100 g mixed dates and dried apricots, chopped
- ½ a lemon juice
- 1 tablespoon shelled pistachios, sprinkle on top
- icing sugar, for dusting
Geure wat goed saam gaan in ‘n sout pampoen is: (kies ‘n kombinasie waarvan jou familie hou)
Knoffel – sit heel huisies in om saam “low and slow” sag en soet te bak
Roosmaryn – vars is beter
Panchetta/gerookte spek
Koljander saadjies/gemaal
Chillie – so warm of ‘mild’ soos jy daarvan hou
Cayenne peper
Origano
Sage
Cumin
Uie
Blou kaas
Sout en Peper
Swart Peper
Botter – sparig
Idees vir ‘n soet pampoen/butternut:
- Pumpkin Spice: (as jy ‘n pampoen tert maak, bêre in ‘n lugdigte houer)
- 3 tablespoons ground cinnamon
- 2 teaspoons ground ginger
- 2 teaspoons ground nutmeg
- 1 teaspoon ground allspice
- 1 teaspoon ground cloves
- Soet botterskorsie:
- 2 tablespoons olive oil
- ⅛ teaspoon ground clove
- 1 teaspoon ground cinnamon
- ⅛ teaspoon ground nutmeg
- 2 tablespoons packed brown sugar
- 2 teaspoons sea salt
Geure wat goed saam gaan in ‘n soet botterskorsieis:
(kies ‘n kombinasie waarvan jou familie hou)
Kaneel
Sagte bruin suiker
Gemmer
Neutmiskaat
Wonder Peper – all spice
Naeltjies, gebruik sparig
Maple Syrup
Botter, sparig
Wat kan jy doen met leftovers:
Maak sop
Voeg in ‘n slaai
Voeg in ‘n Frittata
Voeg in ‘n Quiche
Vries op ‘n bakplaat – voeg gevrieste stukkis in ‘n Ziplock – kan vir 3 maande vries
Bak in Muffins
Pampoen plaat koekies
Voeg in groente broodjie
Voeg in vulsels vir pasteitjies en rolletjies.
Maak pampoen koekies
Verkoel vir 3 – 4 dae in die yskas
PS: Butternut kan ook rou geëet word – gebruik jou groente skillertjie en maak butternut linte – voeg by ‘n slaaitjie en dit lyk lieflik – gee baie mooi kleur. Butternut doen goed met ‘n slaai sousie wat asyn in het of ietsie modern wat lemoen of lemoen skil in het.
Foto: Adam Cloete