HOTDOG’S MET ‘N TWIST
- 12 hotdog rolletjies
- 1 blikkie tamatie en uie smoor
- 12 gerookte viennas
- gerasperde kaas van u keuse
- feta kaas
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Sny die hotdog rolletjies aan die bo kant oop en pak in ‘n oondpan wat met nie-kleefwerende middel gespuit is, met die oopkante na bo.
verdeel die tamatie smoortjie tussen die rolletjies en skep in elke oopkant.
Plaas ‘n Vienna bo op die smoortjie.
Sprinkel gerasperde kaas bo oor die Vienna in die rolletjie.
Krummel bietjie feta kaas bo oor.
Bak vir 15 min,of tot kaas alles lekker gesmelt is en alle deur warm is.
Nota:
Dis vrek lekker, dis VRA vir nog.
Resep en foto: Leon Hartman