HOOIMIED ETE
- 1 koppie rys of genoeg vir die porsies wat jy wil bedien
- 1 pak blatjang Simba skyfies
- 1 kg maalvleis
- blaarslaai, gekerf
- tamatie, opgesny
- 1 groot pak kaas en uie Simba skyfies
- Cheddar kaas, gerasper
- mayonnaise en sweet chilli sous, gemeng
Kook die rys tot gaar (moenie te veel sout insit nie, die skyfies gee genoeg sout)
Braai maalvleis tot gaar. Klein bietjie sout en speserye soos jy wil. As jy kerrie wil byvoeg, gebruik net ‘n klein bietjie anders gaan dit die res van die geure belemmer.
Maak die skyfies in die pak baie fyn.
Sny blaarslaai en tamaties op en rasper die kaas.
Meng die mayonnaise en sweet chilli sousie, genoeg na smaak.
Skep die dis op in elke persoon se bord in die volgende volgorde:
Rys, maalvleis, skyfie krummels, gesnyde blaarslaai en tamatie, gerasperde kaas en skep sous na smaak heel bo-op.
Geniet!!
Rys, maalvleis, skyfie krummels, gesnyde blaarslaai en tamatie, gerasperde kaas en skep sous na smaak heel bo-op.
Geniet!!
Sakpas en moenie te veel vir eerste slag skep nie, dit is baie vullend!
Foto en resep: Corlia van Niekerk
Category: