Your Recipe Blog

HOENDERVINGERS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6 porsies

HOENDERVINGERS

  • 3 groot hoenderborsies
  • gegeurde Smash of koekmeel
  • 2 x groot eiers
  • ½ groot pak Big Corn Bites tortilla style tjippies
  • broodkrummels, opsioneel en na smaak
  • olie

Vat drie bakkies.
In bakkie een gooi bietjie gegeurde smash of meel.
In bakkie twee die eiers wat jy sommer met ‘n vurk bietjie geklop het/gemeng het.
In bakkie drie fyn gemaakte tjippies en broodkrummels.

Sny die hoenderborsies op in repies.
Bedek die repies een vir een in die smash, doop in die eier en dan in die fyngemaakte tjippies.
Sodra al die repies klaar is, braai in olie tot goudbruin en gaar.
Bedien saam met ‘n slaai of maak’ n lekker groot hoendervinger burger.

Notas:
Ek het nie ekstra sout of peper by gesit nie maar u kan dit enige tyd inmeng by u smash of meelmengsel.
Met net 3 hoenderborsies kan u maklik vir 6 of meer mense kos gee. Die burger opsie maak dat jy vir nog meer mense kan kos gee.

Resep en foto: Erika Foot

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page