HOENDERPASTEI
- Vulsel:
- 1 grooi ui, gekap
- 1 knoffelhuisie, fyn gesny
- 1 hele hoender, fyn gekook en ontbeen
- 1 blik gemengde groente, gedreineer, maar behou die sous
- 1 pakkie sampioensoppoeier
- 300 ml melk
- 15 ml suurlemoensap
- sout en peper na smaak
- Kors:
- 250 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 1 eier
- 125 ml olie
- 250 ml melk
Stel oond op 180 ºC.
Bespuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei.

Braai die uie tot glasig en voeg dan die knoffel by.
Braai nog ‘n minuut.
Voeg die hoender en gemengde groente by en meng deur.
Skep in voorbereide oondbak.
Meng die soppoeier met die melk asook die groentesous.
Verhit tot kookpunt, en roer aanhoudend tot soppoeier verdik.
Voeg suurlemoensap by asook sout en peper na smaak..
Voeg die verdikte sous by die hoendermengsel en meng deur met ‘n vurk.
Skep die hoender in ‘n oond bak.
Klits al die kors bestanddele goed saam en giet bo-oor die hoender.
Bak vir 30 min lank of tot die kors gaar is.Resep en foto: Amanda Austen

Category: