Your Recipe Blog

HOENDERLEWERTJIES MET ROOM

Recipe by
Cook: 10 - 12 min.

HOENDERLEWERTJIES MET ROOM

  • 1 bakkie (250 g) hoenderlewers
  • sout en peper na smaak
  • 1 middelslag ui, fyn gekap
  • 5 ml knoffel, gekap
  • 10 ml paprika
  • 5 ml rooi pepper
  • 125 ml room

Braai die uie in bietjie olyfolie tot sag.  Sny die hoenderlewers in kleiner stukkies en voeg sout en pepper by na smaak.
Voeg die hoenderlewertjies by en braai tot bruin.
Sit die knoffel, paprika en rooi pepper by en braai op matige hitte vir 5 minute.
Laastens voeg die room by en laat saggies prut vir 2 minute.
Bedien saam met vars brood of oor rys of pap.

Nota:
Die resep kan dubbel gemaak word ook. Hierdie is genoeg vir 1 persoon.

Resep en foto: Ilona Turner

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page