HOENDERBORSVLEGSEL
Gewoonlik word gepraat van hoenderborsies dat dit te droog is as dit gebraai word maar ek het gisteraand hierdie hoenderbors vlegsel gemaak en dit oppie kole gebraai en dit was heerlik en sappig. Ek’t drie hoenderborsies oopgesny sodat elke bors ‘n lang strook is … die drie stroke word dan saam gevleg en laat lê in die sous vir 4 ure of oornag.
- 3 hoenderborsies
- 2 eetlepels Dijon mosterd
- 2 eetlepels asyn
- 2 eetlepels heuning
- 1 eetlepel vars gekapte knoffel
- 4 eetlepels olyfolie
- 2 teelepels sout
- 1 teelepel swartpeper
Meng alles saam en smeer oor die vlegsel.
Pak in ‘n bak en giet die res van die sous oor die vleis en plaas in koelkas vir 4 ure.
Braai soos verkies oor matige kole.
Resep en foto: Gideon Louw