HOENDER NUGGETS IN DIE LUGBRAAIER
- 2 medium vars hoender fillette
- 1 medium gekookte aartappel
- 1 groot eier
- 1 teelepel Maizena
- ½ teelepel sout
- speserye en kruie volgens smaak
Verhit die lugbraaier tot 200ºC.
Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker.
Verwerk saam tot net goed gemeng.
Vorm balletjies en druk effens plat.
Braai in die lugbraaier vir 15 minute tot goudbruin, draai na 8 minute om.
Lewer ongeveer 16 – 20 afhangende van die grootte.
Resep en foto: Anre Olivier