Your Recipe Blog

HOENDER MET “BRAAI RELISH”

Avatar photo
Recipe by
Cook: 2 uur

HOENDER MET “BRAAI RELISH”

Lekkerste hoender!

  • 16 hoender dye en boudjies
  • 2 blikkies “braai relish”
  • 1 pakkie hoenderroomsop
  • 500 ml water
  • sout na smaak
  • 2 teelepels suiker

Plaas die hoenderstukke onder in ‘n pan. Geur met sout na smaak, onthou die soppoeier is ook sout, nie te veel nie.
Meng die hoenderroomsop met die water, suiker en “braai relish” en giet oor die hoender stukke.
Plaas deksel op en bak in die oond teen 180°C vir so 2 ure.

Nota:
Ek bedien dit saam met kapokaartappels en groente.

Resep en foto:  Japie en Remona Swanepoel

Gavin Elliott:
Ek maak dit baie dieselfde maar sit ook so 2 – 3 gesnipperde groen rissies by, een blik gedreineerde pynappelstukke en 1 koppie “coconut cream” en bedien met rys.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page